Die vrug van nederigheid en selfbeheersing
Die vrug van nederigheid
ek sal in nederigheid na God se roepstem luister
myself diensbaar maak aan my naaste
vrugte dra wat soet en sappig are sal voed
gebaar uit die aarde waar fonteine ontspring
koring wuifend arms swaai, granate bloedrooi bloei.
heuning sal heilsaam voed en genees
en die aarde se ingewande goud en blink berg
terwyl ek God dien met my gawes geskenke van Bo
ek as vrou sal my landsgenote met my hande dien
uit my grondgebied sal graan, vrugte en groente spruit
op my vlaktes sal bees en skaap gulsig en tevrede wei
bye sal sonder stop nektar drink en heuning bedien
mensekind sal woeker en werkskaf met die oeste
sodat ‘n volk, nasie en land in oorvloed kan oorleef
as wolke trane huil en waterstrome in oorvloed vloei
sodat die oeste geil op die lande kan staan
en die
vrug van selfbeheersing sal dra
o Heer, leer my die vrug van selfbeheersing
maak my die voorbeeld wat ander trek
om rustigheid in my lewe te bring
beheersing van my doen en late die vrugte wek
weerhou my gedagtes, my woorde, my dade
om die versoekings van die lewe te weerstaan
om my nugter, waardig en ingetoë sade
te versprei waar my voetspore op paaie gaan
Geesvervulde lewe dra baie vrugte in my
so laat U Gees my uitbundig ryp word, Heer
op die akker van my lewe gedy
en ek bid dat U my elke dag sal leer
om nie te spog maar om diensbaar te wees
vir my naaste en in U koninkryk
dat die selfbeheersingsvrug van U Gees
nederig in my menswees sal pryk
©kopiereg Linda du Plessis 2023
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.