DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 9
Kas en Annetjie het na Stefan by Chantal se woonstel aan gekom. Kas wou net klop toe die rusie losbars en Annetjie sy arm vasgryp. Hulle staan en luister na die rusie tussen Stefan en Chantal en hoor duidelik hoe Chantal vir Stefan daarvan beskuldig dat hy haar wou vermoor. Dan hoor hulle hoe die houe van die tweegeveg val en dan stilte. Kas wil net klop toe Stefan die deur oopmaak. Hulle kan die verslaendheid op sy gesig sien en toe Kas beduie dat hy die deur moet oopmaak sluit hy oop. Kas sluit dadelik die veiligheidsdeur agter hom en hou die sleutel by hom.
Hulle stap in en sien Chantal in die kombuis lê. Annetjie storm dadelik nader en voel Chantal se pols. Sy kop op en kyk vir Kas: ”Kas lyk darem nie of sy dood is nie, haar pols klop nog sterk. Ek sal haar nou bybring”, en met die begin Annetjie haar n paar ligte klappe gee en roep na haar wat haar bybring.
Chantal kom by en staar verdwaas na Kas en Annetjie. Anntjie help haar op: “Kom ons gaan badkamer toe dat ons net die bloed kan afwas en ek kan sien hoe ernstig is daardie wond aan jou kop”.
Nadat Annetjie die bloed van Chantal se gesig afgewas het sien sy dat die wond n lelike sny is en dat Chantal sal moet steke kry. Daar is gelukkig pleister in die kassie bokant die wasbak en kan sy darem, nadat die bloeding gestop het, die sny toeplak vir eers.
Terug in die sitkamer val Kas dadelik met die deur in die huis: “Wat het hier aangegaan en moet nie probeer lieg nie. Ons het die hele gesprek gehoor terwyl ons voor die deur gestaan het. Mnr. Botes ek het gehoor hoe juffrou de Beer jou daarvan beskuldig het dat jy haar uit die weg probeer ruim het. My vraag is waarom en ek wil die volle waarheid hoor”.
Chantal is die een wat praat: “Hy het my probeer vergiftig. Gaan ruik aan daardie koppie koffie wat daar op die wasbak staan, dit het n snaakse reuk”.
Kas staan op en gaan ruik aan die koppie koffie en hy erken die soet amandel reuk dadelik. Terug in die sitkamer kyk hy vir Stefan: “Baie dom van jou mnr. Botes. Miergif het n onmiskenbare reuk en jy moes liewer n ander plan gemaak het om juffrou de Beer uit die weg te ruim. Ek neem jou in hegtenis vir poging tot moord op juffrou Chantal de Beer. Alles wat jy sê kan as getuienis teen jou gebruik word. Jy het die reg om te swyg en is ook geregtig op regshulp. Juffrou de Beer jy moet ook saam met my kom vir verdere ondervraging nadat jy mediese sorg gekry het”.
Kas maak sy aktetas, wat hy saamgebring het, oop en haal n paar handskoene en n stel boeie uit. Nadat hy Botes geboei het trek hy die handskoene aan en begin Botes deursoek. Hy kry die gifbotteltjie in Botes se broeksak en sit dit versigtig op die tafel neer. Hy sorg dat hy net aan die bek van die bottel vat om nie vinger afdrukke te vernietig nie.
Stefan besef dat hy vas is en vra: “Ek wil my prokureur skakel dat hy hiernatoe kan kom”.
Kas kyk hom aan: ‘Mnr. Botes ek gaan nou die forensiese mense skakel om te kom. Jy is welkom om jou prokureur te skakel. Gee my sy nommer en ek doen dit sommer vir jou en reël met hom dat hy kom”.
Stefan gee die nommer vir Kas en Kas skakel hom nadat hy die forensiese mense ontbied het. Hy verduidelik vir Andrew Murray, Stefan se prokureur, dat hy Stefan aanhou op n aanklag van poging tot moord en dat Stefan sy teenwoordigheid verlang.
Hulle wag nie lank nie of daar is n klop aan die deur. Kas gaan maak oop en erken Andrew Murray, die prokureur dadelik toe hy hom sien. Hy sluit die deur oop en laat Murray inkom nadat hy hom gegroet het.
Murray gaan sit op n stoel en bekyk die toneel om hom voor hy vir Kas vra “Kaptein verduidelik vir my wat hier aan die gang is dat jy my kliënt aanhou”.
Kas wys na die botteltjie gif wat op die tafeltjie staan: “Baie maklik mnr. Murray. Hy het probeer om sy minnares te vermoor deur miergif in haar koffie te gooi. Ek vermoed sy het iets agter gekom want sy het nie die koffie gedrink nie. Daar staan die koppie nog net so vol op die wasbak. Ek en my vrou, wat terloops n gewese speurder en reservis is het die hele konfontrasie wat losgebars het gehoor terwyl ons voor die deur gestaan het totdat jou kliënt die deur oopgemaak het”.
“Murray is dadelik op sy agterpote: “Kaptein jy beweer dat die dame sy minnares is. Ek hoop jy het bewysse daarvoor anders gaan ek n klag van Crimen Injura lê”.
Kas kyk hulle albei aan: “Ek het n volledige verklaring van juffrou Marie de Villiers, mnr. Botes se sekretaresse waarin sy dit bevestig dat daar wel n verhouding tussen die twee is. Volgens wat sy in hierdie verklaring gesê het moet ek dit noem dat juffrou de Beer ook onder verdenking staan vir die ongeluk waarin Laurika Botes dood is”.
Murray besef dat hierdie nou n netelige situasie is en vra: “Kaptein nou waarheen gaan ons nou”.
Stefan Botes voel hoe die bloed sy gesig verlaat toe hy hoor van Marie se verklaring. Vir hom voel dit of die laaste spyker nou in sy doodkis ingeslaan is.
“Maklik mnr. Murray. Ek wag net vir forensies om die bewysstukke te kom haal en dan gaan ons polisiestasie toe en juffrou de Beer moet medies versorg word. Sy het n sny in haar kop opedoen toe hulle handgemaan geraak het en sy geval het. Jou kliënt wou vlug en het nie eers die moeite gedoen het om haar te help nie. Ongelukkig het hy hom toe in my vasgeloop. So ek stel voor ons wag tot ek hom formeel ingeboek het by die stasie en ek met ondervraging kan begin. Terloops mnr. Murray jou kliënt is ook verdagte nommer een vir die moord op Laurika Botes, sy vrou. Ons het bewyse dat daar met haar motor se remme gepeuter is. Ek is net op soek na die man wat die motor gesaboteer het om hom aan te kla en dan te hoor wie hom opdrag gegee het vir die sabotasie”.
Die forensiese mense neem nie lank om op die toneel te kom nie Al die bewysstukke word verseël nadat die koffie wat in die koppie is in n houer gegooi is en vertrek hulle polisiestasie to waar Kas n dossier vir poging tot moord op Chantal de Beer oopmaak en hulle na sy kantoor toe gaan nadat Stefan se vingerafdrukke ook geneem is. Forensies kry ook n stel om dit te vergelyk met die vingerafdrukke op die gifbottel en die koppie.
Annetjie en n vrouekonstabel neem Chantal dokter toe en onder bewaking van n konstabel neem Stefan, Murray en Kas in Kas se kantoor plaas.
Murray versoek om alleen met sy kliënt te praat en Kas verlaat die kantoor. Die konstabel wat Stefan bewaak bly egter by hulle.
Na n uur kom Murray tevoorskyn: “Kaptein, ek het my kliënt aangeraai om van sy swygreg gebruik te maak. Hy sal dus geen verklaring aflê nie en ek aanvaar dat hy Maandag voor die hof sal kom waarin jy uitstel gaan vra om jou ondersoek af te handel. Ek kan dan vir borgtog aansoek doen want ek weet dat jy borgtog sal teëstaan as ek jou nou vir borgtog vra”.
“Kas antwoord: “Geen probleem nie mnr. Murray. Ons sien mekaar dan Maandag in die hof”, terwyl hy vir die konstabel beduie om Stefan weg te neem en te gaan toesluit.
Nie lank daarna nie is Chantal en Annetjie terug van die dokter af en kan Kas begin om haar te ondervra.
Kas open die ondervraging: “Juffrou de Beer, ek het bewyse dat jy mnr. Botes se minnares was. Ek moet dit vir jou noem dat jy ook onder verdenking van moord op Laurika Botes is. Ek soek nog net na Langes Naude om uit te vind wie hom opdrag gegee het, jy of jou minnaar. Ek stel voor jy kom met die volle waarheid tevoorskyn want jy gaan in elk geval moet getuig wanneer Botes voor die hof kom op aanklag van poging tot moord op jou”.
6 Kommentare
-
-
Arnold
Dit lyk na 'n taai toffie vir Stefan.
-
Kiekies
Oeee koekerasie, hierdie is nou 'n gemors vir daai 2!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Maggies maar die poppe dans nou lekker, ek kan nie wag vir die res van die verhaal nie Neels