Jongste aktiwiteit:

DIE VYF MILJOEN RAND MOORD slothoofstuk

Seweuur stap Kas Hennie Aucamp, die senior aanklaer se kantoor in. Albei is ou motorgeesdriftiges en kom al n lang pad saam met ou motors maar ook in die hof.

Hennie groet hom en vra: “En waarmee kan ek kaptein Dreyer help vanmore. Moet nie vir my sê dat die Botes saak opgelos is en ek die saak op vandag se rol moet kry vir n verhoordatum nie. Dan gaan jy seker nog vra dat die saak voor Maryna Vosloo moet kom”.

Kas gee Hennie n speelse pompie teen die arm: “Reg geraai ou grote kom ek vertel jou gou in kort die storie terwyl jy deur die dossier gaan”.

Net toe stap Andrew Murray ook die kntoor binne en groet almal. Kas oorhandig afskrifte van al die dokumente in die dossier aan hom en terwyl hulle die dossiere bestudeer som Kas kortliks op wat gebeur het.

Toe hulle klaar is vra Murray: “Lyk dus of Chantal de Beer se verklaring dus die enigste bewys is dat my kliënt betrokke was by sy vrou se ongeluk en vir my lyk dit of sy lieg oor die storie”.
Kas antwoord: “Jy is reg meneer Murray. Ek gaan nie n klag van moord op sy vrou teen hom lê nie. Die klag van poging tot moord op Chantal de Beer bly egter staan. As die saak uitgstel word, wat ek voor gaan aansoek doen, is jy welkom om aansoek vir borgtog vir Botes te doen, ek sal dit nie teenstaan nie”.

Hennie kom tussenbeide: “Andrew as ek jy is doen ek aansoek dat die twee sake geskei word. As ons dit een saak maak gaan dit moeilik wees om Botes nie aan die ongeluk van sy vrou te koppel nie. Ek gaan die saak vanmiddag drie uur voor landdros Maryna Vosloo roep”.

Die middag drie uur lees Hennie die aanklagte teen die beskuldigdes voor en almal teken n pleit van onskuldig aan. Chantal en Langes moet regshulp kry en bly in aanhouding. Stefan Botes word op borgtog vrygelaat en die saak word vir n week uitgestel en word sy saak geskei van die ander.

Na n week toe hulle weer voorkom word Chantal en Langes se sake na die hooggeregshof verwys omdat die landdros beslis dat dit n beplande moord op Laurika Botes was.

Stefan Botes se saak sal plaaslik afgehandel word omdat die landdros van mening is dat hy onder soveel druk verkeer het dat hy rasionele denke verloor het.

Die saak teen Stefan duur drie dae toe landdros Maryna Vosloo hom onskuldig bevind op medepligtend aan die moord op Laurika Botes maar skuldig bevind aan poging tot moord op Chantal de Beer. In haar finale uitspraak is haar woorde: “ In die aanklag van medepligtig aan die moord op Laurika Botes vind ek die beskuldigde onskuldig. Die getuie Chantal de Beer is as n onbetroubare getuie bevind en word haar getuienis verwerp. Die twee bedrae van R2500 wat die Saterdag en die Dinsdag uit haar bankrekening getrek is klop met die bedrag wat aan Langes Naude oorbetaal is en aanvaar die hof dat sy en Langes Naude alleen skuldig is aan die moord op Laurika Botes”.

“Hoe ongelukkig die voorval ook al is kan ek nie anders as om die beskuldigde skuldig te bevind op n poging tot moord op Chantal de Beer nie. Ek neem egter in ag dat as sy nie die beskuldigde begin dreig het nie hy nooit tot so n stap sou oorgaan nie. Ek vonnis die beskuldigde dus tot vyf jaar gevangenisstraf en skort die vonnis in sy geheel op vir vyf jaar”.

In die geval van Langes en Chantal was haar uitspraak: “Hierdie is n fynbeplande moord en word die saak dus na die hooggeregshof verwys. Chantal de Beer kan op n borgtog van vyf duisend rand losgelaat word maar Langes Naude bly in aanhouding want die risiko dat hy sal verdwyn is te groot”.

Na die hofsaak kom Stefan Botes na Kas toe gestap: “Dankie kaptein. Ek het die gevoel gekry dat jy nie regtig vir my gegaan het nie en ek waardeer dit”.

Kas kyk Stefan lank aan voordat hy antwoord: “Mnr. Botes dit was omdat ek oortuig geraak het van jou onskuld in die ongeluk van jou vrou. Laat dit vir jou n les wees om nie weer in n skelm verhouding betrokke te raak nie, dit werk nooit”.

Langes Naude en Chantal de Beer word in die hooggeregshof elk tot twintig jaar gevonnis toe hulle saak voorkom. Reg en geregtigheid het geseëvier.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak