Dit wat regtig saak maak
Dit wat regtig saak maak
Jy soek my hart maar jy ignoreer my denke
Jy verlang ‘n oor, maar gee my niks om na te hoor.
Jy begeer een hart maar stel jouself oop vir die wêreld.
Jy vra vrae, maar jy ken self die antwoord.
Maak geraas soos ‘n leë blik wat van ‘n trap af rol, hol, weerklinkend, sonder inhoud.
Dit wat werklik saak maak is nooit deel van jou kaartspel.
So veel van jou vasgevang in jou eie wêreld daar is geen plek vir enigiemand anders.
Dan vra jy:
“Maak dit regtig saak?”
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.