DRINGEND!! ‘N MOET LEES VIR ELKE INK LID ASB!
INKers
Daar is `n gesegde: “Die enigste blywende ding is verandering”. Dit is `n gegewe, maar verandering hoef nie noodwendig vrees te skep nie, maar kan eerder as vernuwing gesien word.
Die bestuur beplan om die volgende veranderinge te maak wat die projek kategorieë behels:
1. Daar sal slegs 3 kategorieë wees vanaf die 1ste Januarie 2025, naamlik:
a. Gedigte;
b. Prosa;
c. Verhale.
2. Die PROSA kategorie sal oop wees. Daar sal nie meer voorskriftelike menings, artikels of rubrieke wees nie. Die skrywer sal dus carte blanche hê oor die tipe genré en sal slegs beoordeel word as “prosa”.
3. Verhale sal `n sub-afdeling kry, naamlik: vervolgverhale.
4. Indien die skrywer `n vervolgverhaal begin skryf gaan dit nié gekoppel wees aan die maandelikse tema nie. Die skrywer moet slegs na die titel van die verhaal in hakies aantoon: “Vervolg Hoofstuk 1, 2, 3…” ens. Skrywers in die afdeling mag slegs 2 hoofstukke per projeksiklus inskryf.
Ons wil graag die waters toets en sien hoe hierdie “vernuwing” die lede geval al dan nie. Stuur jou mening na
inkmoderator@gmail.com. Moet asseblief nie jou mening in die kommentaar spasie hieronder los nie. Slegs menings na die epos sal in aggeneem word.
Jy het tot die 24 Desember 2024 om hierop te reageer.
Die bestuur sal `n finale aankondiging hieroor doen teen die 30 ste Desember 2024.
Laat ons asseblief van jou hoor.
INKBESTUUR