DRINGENDE LEES ASB ALLE LEDE: Radio blootstelling vir INK en INK-lede
Beste INKers
‘n Ongelooflike voorreg het ons beval waar Kriel 95.5 FM vir ons ‘n uitsaaispasie gemaak het. Dit bied ons die geleentheid om INK bekend te stel en aan elke lid en hul werk lugtyd te bied.
Eduard Smith sal vir ons die uitsending waarneem en gaan poog om nie net INK nie, maar ook elke digter te bemark.
Daar is geleentheid om nuwe publikasies bekend te stel en dan ook sommer ‘n behoorlik resensie daaroor op lug te doen.
Die tydgleuf is weekliks 12h15 tot ongeveer 12h45 en daarom sal elke digter nie elke week ‘n geleentheid kry nie, maar daar sal gepoog word om met tyd aan elkeen aandag te gee. U moet asseblief per epos aandui indien u NIE hierby ingesluit wil word nie. Dit beteken, dit is ‘n opsie-uit en nie ‘n opsie-in benadering. Indien jy nie aandui dat jou werk nie uitgesaai mag word nie, neem INK aan dat jy toestemming verleen het.
Uitsending begin DV 4 Oktober 2020 om 12h15. Die skakel om per internet te luister is http://mytunes.co.za met Sluier de Ridder.
Dit is ‘n wonderlike geleentheid en ons vertrou almal sal dit geniet.
Groete
Anze
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Wonderlik kan ons probeer om ander streek radio dienste te nader?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Wat 'n wonderlike geleendheid.