
dubbel visie
uit europa het hul gekom
vryheidsvegters van faam
vir reg en vryheid geveg
oor riviere en berge getrek
uithou en aanhou leer ken
taai gebrei deur elemente
deur alles geloof nog behou
rein christenskap uitgeleef
volksmoord en kampe oorleef
deur alles afrika leer ken
afrika se kultuur verstaan
mense met begrip daarvoor
vier oorloë geveg en oorleef
net om stukkie vir stukkie
uitgemoor, verguis te word
wie nou dié volk wil vernietig
moet eers Sy toorn oorleef
skrif is aan die muur daarvoor
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.