Jongste aktiwiteit:

Verlange

Ek het nie gedink dit
gaan my so hard slaan nie.
Die boodskap van die
nuwe man in jou lewe
op jou Facebook blad.

Ek wou jou maar net weer
gelukwens met jou verjaarsdag
toe ek die boodskap sien.

Ek wil so graag jou
verjaarsdag met jou gedeel het,
maar ek kan nie,
want jy gaan vanaand in ‘n ander man se
arms le en nie in myne nie.

Ek wil so graag regmaak wat
verkeerd gegaan het tussen ons,
maar jy wil my nie ‘n kans gee nie.

Ek wou so graag vanoggend die
eerste roos in my tuin vir jou gepluk het,
maar ek het nie, ek het eerder vir jou
blomme en sjokolade gekoop.

Ek verlang so na die tye
wat ek en jy kon kuier in die koelte
van die olyfbome op jou voorste grasperk.

Of die dag wat ons in Blouberg
op die strand gaan sit het met jou
in my arms en gestaar het na die branders
hier regvoor ons terwyl ons mekaar geliefkoos het.

As jy tog maar net
geweet het hoe groot my liefde
regtig vir jou is en wat ek nie alles
sal doen om weer jou hart te wen nie…….




Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed