Eersgeskapene mens van God (Opdrag 6)
Die Renaissance skilder het jou meer as vyfhonderd
jaar gelede vasgevang in sy kuns teen die kerk koepel
van Sistine waar jy luilekker naakt lê in sy fresco skepping
van visioene, so sonder skaamte met jou volmaakte
halfhartige terughoudende aanraking
daar is die Almagtige Vader
omring met serafs in hul kinderlike
onskuld waar hul vergifnis dra
aan die punt van Sy aanraking
met Maria beskut en die eersgeborene
seun onder sy ander vingerpunt
omhul in die baarmoeder van kennis
maar die volmaakt geskape mens
lê op die heuwel van verleiding
met ‘n sak vol planne langs hom…
sal Sy aanraking verlossing bring?
O’ skilder wat was jou wyse visioen –
reinheid of slang se wellus
sal ek jou vra met eendag se ontmoet
O’ Vader vergeeft ons onse sondes!
©Cornien Naudé
17/08/2018
3 Kommentare
-
Elroux
WOW uitstekend verwoord Cornien.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Mooi verwoord Cornien!