EERLIKHEID DUUR EWIG
EERLIKHEID DUUR EWIG
Mammie bring haar dogtertjie saam wanneer sy haar man se graf besoek om bietjie skoon te maak en die plante te pleeg. Intussen stap die meisietjie tussen die rye van grafte heen en weer en kyk wat daar alles te sien is.
As Ma klaar is, staan sy op en groet. Dan draai sy weg en roep haar kind; dis tyd om huistoe te gaan. Sannie kom vat haar aan die hand en stap saam. Sy kyk op in haar ma se oë.
„Mammie,” sê sy, „Kan twee mense in een graf begrawe word?”
„Eintlik nie,” sê die ma. „Hoe kom jy op so ‘n vraag?”
„Ek sien daar op die een graf staan ,Hier lê ‘n prokureur en ‘n eerlike man.’”
7e.November2017————–§§§©®¥£¶$§§————-tje©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Help, help, mense! As daar iemand onder die lesers is wat ontevrede is, kan hy die beroep uitruil . . . Na ,engelsonderwyser' by voorbeeld! GvT