eerste by die see
“kom sussie, kom!”
“laaste by die see, is ‘n kluit!”
kom mamma, kom pappa
net oor die duin is die see
wie sien eerste die see
daardie diep blou uitspansel
wat soos ‘n hemelruim strek
tot onder die verste ster
eerste in die water
sout-water, nie varswater
see-water, nie dam-water
daardie eerste taai nat
eerste herinneringe
van ou lyf op sy duin
verwelk in ouderdom
helder in jeugdigheid
wie kan dit vergeet
eerste blik van die see
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.