skelbont
oral teen die see
op golwende wit strande
staan vakansie kleure uit
hier is daar min sambrele
wat wind kan wegwaai
oral op die strand
swem kinders en speel
met laagwater in gety poele
hier is daar min brander-ry
baai is te kalm daarvoor
oral in winkels
koop mense snuisterye
om te gaan herinner aan see
skulpe en seegras in kleure
wat later verbleik daar lê
oral verskyn skelbont
handdoeke en swemklere
wat vakansiegangers lok
na goeie tye op strand
wat spoedig verdwyn
oral klink nuwe-jaar
glase, bekers en klappers
tot klok twaalf slaan op strand
uitbundige vrolikheid
tot nuwe-jaar sonop
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.