
seekoors
ek moet weer afstap see toe
na die krioelende strand en die lug
vol van wat sweef of in vlug
ek wil na kragbote kyk wat esse swaai
in maanhare wat die suidooster draai
ek wil ‘n swempie, ‘n sonbraai, myself kry
tussen malendes van ons tyd
maar bly dink aan ‘n tall ship
op sweetsand by lywe
en spoelskuim
wat in vlakwater drywe
© Charleine Collins 31 Desember 2018
(met apologie aan John Masefield – Sea fever 1902)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.