Jongste aktiwiteit:

eet soos ‘n voëltjie

 

 

hier begin ek op my oudag

aan die vetvoëltjie sindroom ly

eet soos ‘n voëltjie maar bly vet

 

met nuutverworwe smaakgebrek

gaan kos ook nie smaaklik na my maag

elke kousel soos gedeelte van stuk blousel

 

gelukkig groei ek nie soos ‘n koolkop

die aptyt is netnie meer teenwoordig nie

so, die kanse dat ek soos ‘n wolf eet – skraal

 

ek brul nie meer soos ‘n leeu

en buig nie meer soos ‘n lat nie

hou my maar dood soos ‘n kierieslang

tot ek eendag sal neerslaan soos ‘n os

 

©

Tearlach.

 

Vergelyking: In taalkunde is ‘n vergelyking ‘n vorm van beeldspraak wat die eksplisiete ooreenkoms tussen die onderwerp en iets totaal anders noem. Dit word gevorm met die woord “soos” / “as“, die tweede naamval of ‘n koppelwerkwoord.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed