Jongste aktiwiteit:

Ek het vandag vir jou gebid

Ek het vandag vir jou gebid en vir God gevra om elke oggend vir jou die mooiste
sonskyndag te gee om jou op te beur
met die mooiste blomme en vlinders wat jou dag inkleur.
Ek het vandag vir jou gebid en vir God gevra om vir jou die kleurvolste reënboog in
die hemel te sit sodat jy kan sien
en besef hoe spesiaal en kosbaar jy is en almal se liefde verdien.

Ek het vandag vir jou gebid en vir God gevra dat Hy in die aand die maan en sterre
sal stuur om oor jou te waak
sodat jy jou kop sag op jou kussing kan neerlê wanneer jy gaan slaap.
Ek het vandag vir jou gebid en vir God gevra vir kalmte en vrede in jou hart
sodat jy kan weet dat God elke tree van die pad saam met jou sal stap.

Ek het vandag vir jou gebid en vir God gevra om jou pad met wit rose sonder
dorings uit te lê
sodat jy makliker kan stap, want dis al wat ek graag vir jou wil hê …

MC Marx (C)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed