
Ek sal jou liefhê tot…
die Krokodilpoortberge se fondasie
eendag onvas begin wankel…
en tot spoelklip vergruis
dit dan vér vér daaronder
maelend deur Godspoorte
met witwaters wegdruis.
Tot die see se koue branders
n laaste keer speel-speel
wegtrek van Jacoebsbaai se strand
en als skelmpies daar kom steel.
Tot die Namibskoperduine
eendag hul vuur verloor
en asvaal in n laatdaggloed
verlore daar bly lê en toekyk…
hoe die nag die silwer knope
van haar kobaltkleed afruk
en dié verruil vir n gietswart manel
wyl sy haar liefde bely in die mooiste neurie-klank…
tot dan, sal ek jou liefhê!
6 Kommentare
-
Toom
Ek ok! (hou van, meen ek.) Waar was jy die laaste tyd? Het jou vermis! GvT
-
neels
Dit is nou werklik n pragtige werk
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Hou hiervan