Jongste aktiwiteit:

daardie plekkie

daardie plekkie
I won’t give up on us, even if the skies get rough – Jason Mraz
al smeer asyn deur die kraak van my lip
en spiese deurboor die buiging van my sy,
sal ek steeds ooparm oor jou buig…
al word hande in skuld gepunt
en ek teen rame vasgeklem,
sal my voete steeds loop
tot by die kruising in die voetpad…
daar waar jy staan en wag
vir my om jou te lig,
jou te dra…
hand in hand sal ek jou vra,
saggies in jou oor,
fluisterend vir jou vertel,
van daardie plekkie
vir my en vir jou
©Anton Kilian




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed