Ek skryf vir jou
.
Ek skryf vir jou met skulpe op die strand
onderstreep met die palm van hand,
‘n hoepelsirkel trek ek met sagte wier
verlig dit helder met droë palmtakvuur
Ek krap harte met ‘n tortelduif se veer
(in die bosveld) teen die stam van ‘n soetdoringboom;
met ‘n harde doring krap ek die pyltjie deur
plak met boomgom dan ons foto onderaan
Jou naam staan gespel in marmerwit spoelklip’
(in die spruit aan wal) met grassade perfek ge-vierkantraam
tevrede staan ek terug om te betrag
‘wyl jou naam in my keel aangenaam vibreer
Ek noteer met my hartseer wese
(in jou hart) liefdeskodes wat net ek en jy ken –
sodat jy dit binnekort, blitsig kan ontsyfer
‘n antwoord kom laat dat jy my tóg stellig ken
4 Kommentare
-
neels claasen
evelyn hierdie pragwerk verdien tien goue sterretjies by my
-
Viooltjie
Mooi ene, Evelyn ☺
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
Hou hiervan. Mal oor jou beskrywende styl van dig