Ek wens vir jou
Ek wens vir jou
‘n sonskyn dag
sonder probleme wat op jou wag.
Ek wens vir jou
wit wolke in die hemel blou
en familie en vriende wat jou in liefde toevou.
Ek wens vir jou
kalmte en vrede in jou hart
en dat God jou sal help met elke tree wat jy stap.
Ek wens vir jou
‘n warm liefdevolle huis
met kos op jou tafel, groente, aartappels en vleis.
Ek wens vir jou
dat jy altyd gesond sal wees
en nie die onbekende toekoms sal vrees.
Ek wens vir jou
‘ n besondere voorspoedige nuwe jaar
en dat God jou altyd sal veilig hou en bewaar…
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.