Jongste aktiwiteit:

Ek wens …

Ek wens …

ek wens ek kon my liefdeswoorde vasbind
aan die vlerke van ‘n arend
sodat hy dit oor die duisende kilometers
na jou toe kan neem

nie oor die seine van die lewe nie
nie oor ‘n selfoon en wifi nie
nie per epos of faks nie
of per soentjie op skype nie

ek wil my liefdeswoorde vlerke gee
wydgesprei oor berge, dale en die see
nie vasgeketting aan tyd nie
maar oor lugstrome wat niks kos

as drome vlerke kon hê
het ek elke nag na jou gevlieg
aan die vlerke van my droomarend
sou ek myself vasbind …

©Kopiereg Linda du Plessis 11/12/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed