
Halleluja vir U genade
Halleluja vir U genade
Halleluja halleluja
ek sê amen amen
op my hele lewe
elke woord vol vreugde
vol lofprysing en eer
vir U genade op my lewe
Halleluja
Halleluja halleluja
die maan sterre
met die Suiderkruis
God se skeppingswerk
my dag – nag sirkelgang
sê ek halleluja
loof die Heer
Halleluja halleluja
geskryf vol geloof
glo gebou op hoop
gevul met liefde vol genade
my toekoms jubel ek met lof
sê ek halleluja
loof die Heer
elkeen wat asemhaal – Halleluja!
prys die Heer
amen – amen – amen
©Kopiereg Linda du Plessis 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie baie vir jou inskrywing Linda.