Jongste aktiwiteit:

Emigrant

[Brons]

[64 woorde]

 

My land spook by my

ek sien haar in die skadu’s

van my gedagtes

 

Buitelyne van haar berge

in donker hoeke

en in elke nou straatjie

weerkaats ‘n kloof verstrengel met bos-taaibos

 

Wanneer ek oor my skouer kyk is Sy daar

as getuie van my verraad

as getuie van my verlies

as getuie van my verligting

 

En laataand stemme wat roep-fluister

Suid Afrika!

Suid-Afrika…

 

 

Carla Dodd




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed