Gebed van ‘n digter
O, Gewer van woord
en klank
foneties spel ek
my digtersdank
gedagtes gegiet
in prosa-taal
gevorm tot ‘n
sielsverhaal
Vertel elke sin
van lief en leed
pleng my wese oor
insig reeds vergeet
My eie dwase
plagiaat – gereed
vir set
Bytel ek steeds
die skepping
tot esteties
na hemele gebring
Laat my nie die
lier aan die
wilger hang
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Marisa J. Labuschagne
Baie mooi verwoord!