Vry van skadu’s
flikker, fladder vlam
druppend die stam –
wit wastrane warm
foto’s fel verbrand
selfs die as
van kant,
glim en gloei en
spoke dans
teen die mure
om als te verskroei –
smag jy na
swart, swewende-stilte
want;
met die kers
uitgedoof
verdwyn die skadu’s ook
en selfs
‘n baksteenmuur
word gesloop…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.