
Gebroke
In smartbevelkte skadus
‘n gevangene van verdriet.
Gestrooi oor verlate vlaktes
trane oor jou skerwe gegiet.
Leeg in jou gebrokenheid
Verlore in jou spyt.
Breek oop die donker
Laat die lig deur syfer.
Skud af die as van gister
& sien wat Liefde offer.
Dans in die kaleidoskoop
van vrede en hoop.
© Carla Visser
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.