gemoed
–
van lank gelede
kom die strewe
–
golwe wat breek
seeplante versteek
–
skulpe belyn strand
witmossel lê op kant
–
seisoene kom en gaan
suidooster laat oë traan
–
langs die see wil ek leef
berge op en af gestreef
–
dankie vir die dagbreek
skilderkwas wat verweek
–
kolgans kom kondig aan
son is vroeg op sy baan
–
fisante kom skrop weer
tussen wit huisies en teer
–
seewaarts skril meeue skor
op duin vol fynbos sit ‘n tor
–
in my bors klop ‘n hart
vol van geluk en smart
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.