GENADEREEN
Na die onlangse reen van die afgelope tyd, plaas ek graag hierdie wat ek so ‘n rukkie gelede geskryf het . Ek noem dit GENADEREEN.
Na ‘n lewe van opstaan en val, van probeer en misluk, het Jannie sy besluit geneem. Die lewe sal ‘n beter plek wees sonder hom . Sorgvuldig het hy alles beplan, sy briefie geskryf en toe met sy rugsak op sy rug vertrek. Jannie mik in die rigting van die oorhoofse spoorwegbrug. Menigtes voor hom het al daar afgespring. Beslis sal hy ook seker nie die laaste wees nie. Hy wil egter seker maak en daarom wil hy nie net spring nie. Hy wil wag totdat die trein daar verbykom en dan spring. Hy wil seker maak dit was die moeite werd.
Dit is ‘n bewolke en koue aand en die reën begin saggies neersak, maar vir Jannie is dit nie belangrik nie. Eintlik kom hy dit nie eens agter nie. Hoe gouer hy sy sending agter die rug kry hoe beter. Maar dan reën dit al hoe harder en dit m,aak hom bekommerd. Wat as sy hande op die nat reëlings gly en hy nie val waar hy wil val nie? Sênou maar net hy val langs die spoor, maar lewe dalk nog. Wat as die trein verbykom en hom mis? Al hierdie gedagtes laat hom vinniger loop. Daar is nie omdraaikans nie, hy moet net.
Steeds val die reën al hoe harder en dit begin amper soos ‘n wolkbreuk voel. Jannie kan omtrent nie meer een tree voor hom sien nie en hy besef hy gaan die stasie nooit maak voor die trein daar verbykom nie en kan nie in die nat waarborg dat sy plan gaan slaag nie. Dit maak hom meer depressief. Nie eens sy selfmoordpoging kan hy suksesvol deurvoer nie. Die mense is reg. Hy is useless, soveel te meer rede om alles te beeindig. Wie sou nou gedink het dit sou so hard begin reën.
Papnat en moedeloos gaan sit hy op die sypaadjie, maar hy kry koud. Skuiling sal hy moet probeer vind. Dan sien hy die gebou oorkant die straat met die oop deur. Dalk miskien kan hy daar ‘n rukkie skuil. Haastig staan hy op en haas hom na die oop deur. Toe hy binnegaan is daar daddelik iemand wat hom raaksien.
“Meneer, u is sopnat, Kom binne.”
Hy hoor mense sing en besef dan skielik dit is ‘n kerk. Hy wil uit, maar besef hy het die hitte van die gebou nodig en daarom aarsel hy. Die vriendelike man by die deur reel dadelik dat iemand vir hom warm klere bring en wys hom die pad na die badkamers.
“Gaan trek droog aan. Los die nat klere somaar net daar. Kom dan en kom kry ‘n koppie warm sop.”
Daarna gebeur dinge baie skielik. Jannie kry sy koppie sop en die vriendelike man neem hom dan na binne, waar die kerkgangers almal steeds in lofprysing verkeer. Almal is so vriendelik. Dit lyk amper asof hulle vir hom gewag het.
Dan begin die diens en vir een oomblik dink Jannie die pastoor ken hom, want dit is asof hy spesifiek met hom praat.
Voordat hy mooi besef wat om hom aangaan, staan hy, saam met talle ander, voor die kansel en huil. Die uitnodiging is gemaak en dis asof iets hom gedring het om vorentoe te gaan.
Daardie aand gee Jannie sy lewe vir die Here. In trane dank hy die Here vir die genadereën. As dit nie daarvoor was nie, sou sy aand heelwat anders verloop het.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.