Jongste aktiwiteit:

Graffiti

GRAFFITI

teen die mure van my lewe
in neonbont en pikgietswart
simbole, letters wat soms bewe
skellend teen die stilte van my hart
‘n fresko van die die mens se gruheid
fletsend skril teen oog en oor
die werklikheid se felheid
onnodig akkuraat gereflekteer

wens dat ek my oë kon sluit
my geheue skoon kon vee
sal dit werk om gruwels toe te smeer
die vrede net van korte duur
terwyl die hartseer van die lyne
nog dof deurskyn teen die muur
oornag deur onbekende hande
‘n nuwe verhaal gemonumenteer

© – Barbara Smit – 15/03/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed