Teenstryd
Daar was spore oor die witsand
wat deur die duine loop
weg van die branders
weg van die see
weg van die meeue en rotse
ek het dit gevolg
tot by ‘n treinspoorlyn;
by ‘n verlate stasie
– hier het ek gewag
vir ‘n dag
wat dalk nooit weer sal kom.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek