Hartklopdisselboom (Brons)
hartklopdissselboom
ek wil nie weer
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
jou hartklop verloor,
ophou hoor
nie
néé
hierdie keer
gaan ek deur jou
lente-are bloei,
somervrug versoet,
já,
selfs in herfsblaar,
dieprooiwarm koolgloei,
en sou …
winter bibberspoor
ongenooid kom,
sál ‘k koesterwarm
onder jou vaal basjas
wegkruip
want só
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
sal ek jou hartklop
nimmer weer verloor
Elizabeth
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek