Hartsprag
Jy het jou hart vir my gewys
Ek was verstom
So iets het ek nog nooit aanskou nie
Soveel diepte
Soveel definisie
So mooi
Jy het ‘n baksteen geskuif en ek kon inloer
Ek was oorweldig
Het my oë my dan nou gekul
Soveel Liefde
Soveel omgee
So mooi
Net vir ‘n oomblik het jy jouself, vir my ontbloot
Ek was benepe
Maar tog het ek bly staar, my blik vasgenael
Soveel Vrees
Soveel onsekerheid
So mooi
Net nog ‘n bietjie, het ek gevra
Ek was in verwondering
Gebroke skoonheid was nog nooit so foutloos nie
Soveel vreugde
Soveel vrede
So mooi
Jy het die gordyn begin toe trek
Ek was vol intrige
Elke besonderheid van jou karakter glans tot in my siel
Soveel integriteit
Soveel wysheid
So Mooi
Is daar werklik ‘n plek vir my, in hierdie paradys
Ek sal jou nooit kan vergeet
Ek sal jou nooit minder kan lief hê
Ek sal nooit na jou kan kyk, met die selfde oë
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.