Jongste aktiwiteit:

Het ek jou vertel

Het ek jou vertel,
hoe die dag na nag verander sonder jou?
Het ek jou vertel,
hoekom die maan en sterre dof word as jy gaan?
Het ek jou vertel,
hoekom blomme soms verwelk as jy weg is?
Het ek jou vertel.
hoekom die lug blouer is met jou naby?
Het ek jou vertel,
hoekom sonneblomme se koppe draai as jy verbystap?
Het ek jou vertel,
hoekom ek soms onredelik onvoorspelbaar is vir niks?

Miskien het ek nog nooit nie…
Maar het jy nooit gewonder,
hoekom tyd gaan stilstaan sonder jou…
By my?

© F Jansen van Vuuren




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak