Jongste aktiwiteit:

hierdie jaar

toeka se dae
het hul gesê
daar is hoeka
tyd vir alles gehad
tyd was nooit ‘n probleem
vandag se hoeka en toeka
het geheel vergaan in warboel
van asem teue en adrenalien stote
oor die berge met wa en osse
deur riviere en verby olifante
deur linies van barbare
en roofdiere het hul gekom
geen wonder toeka was so sterk
onverdunde murg in hul bene gehad
vandag se hoekas en toekas lyk maer
en baie skraal teen destyds se toekas
hul man en vrou kon hul nog staan
vandag hardloop elke hoeka en sy toeka
net bene en blaaie by die eerste geraas
staan vas, wie jy ookal is of dink jy is nie
elke hoeka en toeka gaan nodig wees
om deur hierdie jaar te kom
met ‘n heel vel en gees

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed