Jongste aktiwiteit:

Hoopson

as moedeloosheid
soos mis
dig oor my vlaktes hang
en my uitsig
met hopeloosheid
toewasem
sak twyfel
swaar oor my hart
wanneer my trane
in druppels dou op my wange stol

waar ek by Vader se voete sit
met my kop op Sy knieg
lê ek my sorge
op Sy skoot neer
want ek weet
Vader se hoopson
sal sy kop oor my horison steek
as Sy genadestrale
deur my wolkbank breek

©Jessica Venter
25/02/2020




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed