HOOR JY N STEM
Hoor jy die harseerstem van n land
Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet
Hoor jy die stem roep na vryheid
Aansporend agter die sweeplap op die ossewa
Hoor jy die stem van gelofte
Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier
Hoor jy die rouklag in die stem
Na n oorlog wat n verbrande land in sak en as laat
Hoor jy die stem van n volk wat opstaan
Tot n trotse volk onafhanklik op eie bodem
Hoor jy die weeklaag in moederstemme
Oor seuns verloor in n bos oorlog
Hoor jy die stem van verraad
Wat n volk sy vryheid ontneem
Hoor jy n stem in pyn
Oor die heidense hand wat regeer
Hoor jy n stem wat uitroep my God hoe lank nog
Hoe lank nog gaan ons neerdaal in as
Hoor jy n stem wat roep om verlossing
Van hierdie heidense hand swaar op ons
Hoor jy die stem van my land Suid-Afrika
4 Kommentare
-
-
Amaspoke
Hartseer, baie hartseer. Vol punte en 5 sterre!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
WOW Neels dis pragtig!! Jy moet werklik n punt daarvan maak en jou hand meer waag aan gedigte. Hierdie in puik gedoen!