Jongste aktiwiteit:

Ballerina

Jou glimlag is waarlik
soos sonskyn vir my.
Jou hande so klein en so fyn
en jou oë soos diep bergpoele
so helder en so rein.

Jou hare is sag en blond
geweeg en getel
soos die woorde uit jou mond.

Jy is die blom,
ek is die bak.
Jy is die voël,
ek is die tak.
Jy is die aarde,
ek is die maan.
Jy is die oog,
ek is die traan.

Ek is die stroom,
en jy is die swaan.

Jy is die kosbare juweel
en ek is die dief wat jou wil steel.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed