Jongste aktiwiteit:

Die Klein Jakkalsies

Die Klein Jakkalsies

Tyd is eindig,
dit gaan ongesiens verby totdat
jou lewensduur tot stilstand knars—
ons tel die ure, dae, weke, maande en jare
maklik af en beplan oor lang termyne
ons vooruitskattings en vergeet hoe ons
die eskalerende datums en tye gehaal het
en hoe meedoënloos stelselmatig sekondes
soos klein muisies ons lewensjare wegknibbel
want ons tel ons lewensjare nie in sekondes
en besef nie hoe die sekondes sneeubal tot
ure dae weke maande en jare nie—
Sekondes is die klein jakkalsies wat skelmpies
nes muisies ons lewensjare wegknibbel en
laat verouder, want dis mos die klein jakkalsies
wat die wingerd verniel—
Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed