Elegie vir ‘n Erfenisdag
Elegie vir ‘n Erfenisdag
Ek treur
oor die verwaarlosing van
my land—
Ek treur oor die verwoesting van
ons alma maters,
ek treur
oor die wegneem van
ons Afrikaanse straatname,
ek treur
oor die nuwe sinlose plekname
vir dorpe en provinsies,
ek treur
oor die afbrand van skole, klinieke, en
die vernietiging van ou historiese geboue,
ek treur
oor die uitwissing van ons wild
veral die renoster vir sy waardelose
horing en die olifant vir sy ivoor—
Ja ek treur oor geen respek,
ek treur oor al die korrupsie,
ek treur, ek treur!
Janetta – Helena [Babs]©
7 Kommentare
-
-
Viooltjie
Ja, so voel ons seker almal. Kom ons hoop en bid dat iets baie wonderliks uit hierdie chaos gaan opstaan. :-)
-
Anze
En my hart huil saam oor die onsinnige verwoesting! Puik gepen
-
Amaspoke
Ek voel met jou, maar ek wil myself weerhou van verdere kommentaar, as ek eers uitpak mag ek dalk in die moeilikheid kom . . .
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ek voel jou pyn.