Jongste aktiwiteit:

hoorsê

rustige dorpie langs die see
weskusmense wat nie inkommers verdra
ingeburger in hulle idees en leefwyse gegiet
ware seevolkies wat weet van snoek en kreef
geisoleer in jare se alleen wees en binnehou
min gepla oor enige buite wêreld nuus
hou vas en geniet vandag se kraffie
lewe te kort en môre is daar ‘n graffie
soos oral vertel almal vir almal van alles
enige nuus van inkommers se manewales
soms is daar egter meer betrokke as nuus
afguns en geldgierigheid op die koop toe nog
hoorsê word waarsê – dinge loop skeef
mens word verguis en verdryf
hoe laag kan jy daal mens
hoe leeg jou eie hart
hoe siek jou eie
lewe van smet
balke word
ignoreer
vir kleine
splinter
in sy
oog

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed