Wanneer stilte holtes keep
nog ‘n dag hang –
gestroop van tyd,
verlore sekondes vang
‘n biggeltraan van selfverwyt
dis soos die wind wat skimme najaag –
koersloos deur seisoene val,
wat vlees ook (willoos) ‘n skynbeeld behaag
en só die gees se getye vergal
maar immer yk die hunkering
na spyse vir ‘n verminkte siel
die heimwee na verinniging
vind slegs in rus, volkome asiel
dit is dán wanneer stilte in die hart holtes keep –
versugting bakhand met engele vlerksleep
3 Kommentare
-

Caren Kearley
Jy skryf so bitter mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek