Jongste aktiwiteit:

oneindig

op my duin is daar sand
korreltjies sand wat jy nie kan tel
een korreltjie sand is oneindig klein
een duin oneindig niksseggend
in die sand woestyne

my siel sweef rond
hy sweef oor berge en dale
hy sweef oor seë en horisonne
oneindig groot is sy sweeftog
oor die velde van die aarde

my verstaan kan ek nie tel
maar van Hom verstaan ek niks
Sy grootheid is oneindig onverstaanbaar
my begrip oneindig klein van Sy grootheid
Hy wat was is en sal wees oor alles

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed