HUIS VAN DIE VIER WINDE
staan daar n huis
die huis van die vier winde
ek het daar gebly
pofadders onder die
gasvrieskas bly
warmte soek teen die
koue winde wat waai
oor die huis van die vier
winde
by brandend
kerslig beweging
sien uit die hoek van
my oog
maar as ek kyk
is daar niks
winde
winde wat deur die
die son en kranse
gereguleer word
speel op my transistor
en ek word koud
in die huis van die vier winde
Hollander skip wat vaar
maar jy kry hom nerens
sien jy die huis en binne is
dit elegant met kristal kandelaar
en trap
as jy weer kyk is dit weg
toegevou in newels van
wit wolke
hierdie huis van die vier winde
gebukkend skryf aan die
siel van die mier
op die skryftafel
van die huis van die vier
winde
oor die huis van die vier
winde van die waterberge
waar ek gebly het
triangle waar skip en vliegtuig
vir ewig en altyd vlieg en vaar
dit is waar die kantgordyne
wapper in die huis van die
vier winde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
lekker spokerig!! Pragtig gepen oor my wereld (die Waterberge)