
in verkeerde rat (SILWER)
in verkeerde rat
fyn en flenters gemaal
ons drome lê in skerwe
vele skerfstukke verspreid
soet smaak die heuningkwas
met mooipraatjies my mal gemaak
liegemaak met jou leë liegstories
sotlik het ek versuip in jou soetsap
dwaas help bou aan lugkastele
so het ek jou geglo – Don Juan
in sjokolade-soet stem gesweer
ons sal saam op vlerke sweef
jy sal my bemin en beskerm
tot die einde van ons lewens
soos Romeo en Juliet vir altyd
saam-saam in ons eie sprokie
toe draai jy jou rug op my
jy sprak geen sprook nie
kil en koud jou laaste blik
jy het my ʼn rat voor die oë gedraai
©MarleneErasmus
30/04/2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek