Jongste aktiwiteit:

Indigo gety

Lente, asuurblou sonder kreukels gevlei
oor jou wangbeen en swanenek,
bleekwit maagd in denim geklee
met Septemberreën wat plek plek lek.

Saffierfonkels en blinkoog skitters
wat deur songleuwe glip,
bloublomsalie sierlik in jou wille krullebol
met lostrek linte wat verstrengel en stik.

Zoempies wat kwassiestert in wolgras wei
en asem knoop in jou stuifmeel doek,
deur grensdrade kruip en kobbel-hoef spoor
oor ysterklip om jou sluimer soet te soek.

Lente, hierdie seisoen verpand as
sproetgesig rabbedoe wat windop beur,
met armsvol Agapanthus en keiserskroon
om die draaipole se ysbyt te keer.

© Almarie Truter




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed