
INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2023 – 20 Februarie 2023 – 31 Mei 2023⁹
INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2023
20 Februarie 2023 – 31 Mei 2023
Kom gee vlerke aan jou woorde!!!
Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 4, INKSPRAAK 4 JEUG, en INKSPRAAK 4 KORTVERHALE.
AfriForum (https://afriforum.co.za/), https://groep7.co.za/af/tuiste/ , Academy Bushware, Soladariteit https://solidariteit.co.za/ Pharos https://www.pharosonline.co.za/ GROEP 7 http://www.groep7.co.za/ Afrikaans.com https://afrikaans.com/ is van ons hoofborge
Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste (www.ink.org.za) om meer oor INK te lees.
Reëls:
1.Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Dit is ‘n internasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur, maar deelnemers is welkom om ‘n gratis profiel op die INK-webtuiste te registreer. https://ink.org.za/registreer/
- Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte en kortverhale van deelnemers mag ingeskryf word. Geen inskrywings mag ook vir enige ander kompetisie gebruik word nie. Slegs nuwe en ongepubliseerde werk (dit sluit enige boek, blog of sosiale media in) mag ingeskryf word.
- Geen gedigte of kortverhale waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander gehou word, mag ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname.
3.1 Volwasse digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsfooi beloop R30 per gedig. Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie).
3.2 Skoliere (Jeug- persone 18 jaar en jonger) kan soveel gedigte en/of kortverhale instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsgelde beloop R30 per gedig en R50 per kortverhaal (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal).
3.3 Skrywers het ’n oop tema. Inskrywings is onbeperk en skrywers kan soveel verhale instuur soos hulle verkies. (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal) Inskrywingsgeld beloop R50 per kortverhaal.
- Inskrywingsgeld moet in die volgende rekening inbetaal word met die digter se naam en van as verwysing:
FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rekeningnommer: 625 885 95036
Takkode: 260 247
Stuur asseblief ’n bewys van betaling saam met jou inskrywing/s na skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com
Hierdie jaar gaan ons slegs 1 afdeling gebruik vir die digters, naamlik Vrystyl. Daar is dus geen voorskrifte of temas nie, geen vasgestelde tipografie, rympatroon of styl nie.en elke digter kan sy/haar unieke stem uitbring in hulle gedigte (die hoeveelheid inskrywings is onbeperk). Alle inskrywings moet NUWE werk wees wat nog nooit op enige platform of ander publikasies (Facebook ingesluit) gepubliseer is nie. Gedigte/stories mag ook NIE vir ander kompetisies gebruik/voorgelê word nie.
- Die inhoud van die gedigte en kortverhale mag oor enige onderwerp handel. Gedigte en verhale moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Taalvermenging word slegs aanvaar indien dit in die konteks van die boodskap, soos die digter dit wil oordra, van toepassing is. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.
- Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie.
- Elke inskrywing moet gestuur word in ’n aparte Microsoft Word-dokument na die volgende e-posadres: skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com
– Die onderwerp (subject) van die e-pos moet duidelik gemerk wees: Ink Kompetisie 2023 + die digter/skrywer se naam en van soos dit in die Bloemlesing moet verskyn.
– Elke gedig/verhaal moet van ‘n titel (in drukskrif/bold) voorsien word.
– Font: Arial
– Grote: 10.
– Kleur: Swart op wit agtergrond.
– Spasiëring: Enkel.
– ‘n Oop lyntjie moet tussen strofes gelaat word.
– Moenie elke versreël by gedigtte met ‘n hoofletter begin nie, behalwe as die gedig doelbewus so geskryf is.
– Moenie foto’s of prentjies aanheg nie.
– Gedigte met lang verduidelikings onderaan sal gepenaliseer word. ‘n Kort verwysing na ‘n woord of term (bv. ‘n Latynse frase) is wel toelaatbaar.
– EEN gedig/verhaal per word.doc (AS jy dus meer as 1 inskrywing stuur, moet elkeen onder jou naam met die titel van jou gedig/verhaal gestoor word. BV: Sarie: Toorbos)
- Die volgende inligting moet onderaan elke gedig/kortverhaal verskyn:
- Die skrywer/digter se naam en van;
- Die dorp/stad waar hy/sy woonagtig is;
- Die kontaknommer en e-posadres van die skrywer/digter; en
- Die afdeling waaronder die betrokke gedig ingeskryf word.
- Die inskrywing moet duidelik gemerk wees: Volwassenes of Jeug/Skoliere / Gedigte of
- Jeug inskrywings moet asb ook die skool se naam vir ons byvoeg
(Let wel: Deelnemers se name en adresse sal nie aan die beoordelaars getoon word nie. Alle beoordeling word anoniem hanteer.)
- Beoordeling:
– ‘n Onafhanklike paneel wat die INK moderators, Karen Zoid, die bekroonde skrywer Jackie Nachtegaal (Beskermvroue), Stefaans Coetzee( skrywer, vryskutresensent, mede-aanbieder van leesD!T en konsultant by ‘n uitgewer), Anchen Conradie (Befaamde skrywer en resenstent), Salomé Kotzé (mede-aanbieder op leesd!t en redakteur by Klerksdorp Record en doen manuskrip ontwikkeling), Johan Coetzee (Naledi), Alet Enslin en ander insluit, sal die inskrywings beoordeel. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie spesifieke afdeling aan te wys nie.
- Die prysgeld beloop soos volg:
Algehele Wenners: R3 000 + ’n trofee
Naaswenners: R1,000 + sertifikaat
Derde plek wenners sertifikaat
Vierde plek wenners sertifikaat
Vyfde plek wenners sertifikaat
Daar gaan ook vir 5 DIGTERS & 5 SKRYWERS ‘n publikasie van jou eie bundel deur Groep 7 op die spel wees, wat deur Groep 7 gekies en geborg word.
PHAROS skenk ook ‘n geskenkpak aan 4 digters & 4 skrywers.
- Die beste gedigte en kortverhale wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, word in die onderskeie publikasies gepubliseer. Weens hierdie rede gee deelnemers toestemming vir publikasiereg aan INK asook die uitgewers ten opsigte van die gebruik en publikasie van enige gedigte/kortverhale wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word.
- Prysuitdeling: Die bekendmaking van die wenners, die oorhandiging van die pryse, en die bekendstelling van die bloemlesings INKSPRAAK 4, sal tydens die jaarlikse INK gala-aand op 11 November 2023 by Batter Boys in PTA geskied (Let asb daarop dat daar akkomodasie beskikbaar is by Batter Boys vir die mense wat wil oorslaap, kontak hulle vir reëlings/besprekings – vir eie sak – asb). Kort daarna sal die wenners ook op sosiale media bekend gemaak word.
- Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Mei 2023. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie, ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die inskrywings te werk.
Navrae kan gerig word aan skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com
- Onthou inskrywings is onbeperk, wie nie waag nie kan nie wen nie! Hierdie is Dié geleentheid om raakgesien te word deur ‘n uitgewer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.