Jongste aktiwiteit:

Intuisie

Intuisie

Soms wonder ‘n mens wat jou hinder
jou hart is onrustig asof iets verkeerd is
of dat iets gaan gebeur of gebeur het,
asof iemand siek is of gesterf het,
‘n nare vae onrus van onheil aan iets of
iemand naby aan jou en jy trek jou longe
vol vars lug en baai die gesig in die koel bries
om die gevoel van onrus te verlig – – –
Jy dink aan die wildsbokkie se instinkte
as hy windop die gevaar snuiwe wat op
die windjie aangedrewe kom, en so het ons
ook nog ingebore oeroue instinkte en vrese
oorgehou en noem die modern mens dit nou
met sy meerdere kennis en verstand intuisie – – –

Janetta – Helena [Babs]©
( Die ou ou liedjie het gelui, ek wonder wat my hinder
daar’s onrus in my hart, of daar ‘n bange vlinder sag
huiwer in sy smart – – -)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed