Jongste aktiwiteit:

Junie 2024 – Die onbekende projek – Uitslae en kommentaar

KOMMENTAAR EN UITSLAE JUNIE 2024 – ONBEKENDE PROJEK

Baie geluk aan hierdie 10 lede!

Wenners

GEDIGTE
Brons:
17.Retha van Deventer (Piketti) met Hersinskim
27.Anne-Marie Kotzee met ‘n Nuwe normaal
20.Cobus Kruger met Wintersoggend
Silwer:
28.Marlene Erasmus met In sagte fluistering
1.Pieter Mostert met Die wiel van’ die digter
23.Cornien Naude met Ons asem bestaan
Goud:
7.Loretta Szikra met Skemer in Kartoem
18.Amanda de Meillon met Openbaring 6 v 6
8.Loretta Szikra met Sirkelspore

MENINGSTUKKE
1.Loretta Szikra met Maak of breek
2.Marlene Erasmus met Die pad vorentoe

RUBRIEKE
4.Ano met Voorwaarts na die onbekende
5.Marlene Erasmus met Verkenning van n nuwe horison
3.Arnold van Zyl met Oerwoud waarheid

ARTIKELS
5.Marlene Erasmus met Olive Schreiner
1.Pieter Mostert met Die misterie van n uitdydende kosmiese tydmasjien
3.Ano met Uiteindelik! Die geheim van n lang en gesonde lewe.

VERHALE
7.Arnold van Zyl met Daardie sleutelgat
4.Amanda De Meillon met Die ou opstal se geheim
6.Marlene Erasmus met Nuwe horisonne

KOMMENTARE

BRONS GEDIGTE

  Skipskop

Maak net n voetnota by jou vers en verwys asseblief na Skipskop en Ballade vir n enkeling. Dit is goeie rentmeesterskap.

Ek dink jou vers sou baie baat met punktuasie. By die lees daarvan is dit effe gejaagd omdat ek as leser teen die tempo moet lees wat jy geskep het. Kyk daarna. Dit mag jou vers baat.

  1.  Winter

Die winter is nie net fisies hier betrokke nie maar dien ook as metafoor vir die dood. Dit is mooi. Ek vind egter dat die gedig gejaagd is en dat die leser nie genoegsaam rus om die volle impak te waatdeer nie. Oorweeg punktuasie.

  1.  Wonderboom van Leisure Bay

Jou gedig het nie in elke maat die regte woordkeuse en orde nie. Daar is klein dingetjies wat aangepas kan word. Kontak my op inkmoderator@gmail.com

  1.  Hoop

Punktuasie sal vir seker jou gedig baat. Oorweeg dit en redigeer gerus. Keurig nietemin.

  1.  Enkel spasie

Ek verstaan nie jou gedig nie. Die volta in die laaste strofe is sonder meriete. Kontak my gerus op inkmoderator@gmail.com

  1.  Gunsgenoot

Ek dink die ode aan boeretroos (dit is in die geval dat ek die vers korrek interpreteer) is mooi. Ek vind tog dat daar dele in die vers is wat nie n mooi lyn deur die geheel trek nie. Die vers vra vir bietjie ordeskepping. Kontak my op inkmoderator@gmail.com indien jy hulp daarmee wil hê.

  1.  Die digter

Jou slotstrofe in hierdie gedig beskryf my gevoel totaal. Die vers is onpeilbaar. Daar is losstaande gedagtes waarvan ek nie kop of stert kan uitmaak nie. Wat beteken “kopsu”?

Ek weet n digter behoort nie sy leser te voer met inligting nie, en dat metafore n goeie deel uitmaak van poësie, tog behoort die leser darem te verstaan hoe ookal die interpretasie daarvan is. Ek het baie moeilik hieraan gelees. Kontak my gerus op inkmoderator@gmail.com

  1.  Hersinskim

Die vers beskik oor n heerlike ritme. Dit is keurig aangebied en mooi versorg. Mooi gedoen.

  1.  Wintersoggend

Ek wil hiervan hou maar daar is n paar woordkeuses wat my verwar:

  1.   In die eerste 2 sinne gebruik jy uit en na opvolgend. Miskien kan die “na” weggelaat word.
  2.  Waarom die keuse van “opgewende”?

Die vers het mooi beelde en sluit mooi.

  1.  Die kweekhuis

Jou vers lees vir my soos n telegram. Dit is asof jy die woordeboek lukraak oopgemaak het en net woorde bymekaar gevoeg het waaruit ek nie kop of stert kan uitmaak nie. Kontak my op inkmoderator@gmail.com

  1.  n Nuwe normaal

Dit is natuurlik n moeilike onderwerp en dit is seer geskryf, soos ek my voorstel dit behoort te wees. Dit is keurig en teer.

SILWER GEDIGTE

  1.  Die wiel van n digter

Alhoewel ek van hierdie vars aanslag hou, is daar tog paar dingetjies hierin wat pla:

  1.   In die 3de strofe word “hy” met n kleinletter gespel, wat óf n fout is óf dat die “goddelikheid” hier weer mens geword het;
  2.  Die konstruksie van die vers is mooi en veral die 2de en laaste strofe. Daar is wel plekkies in die vers wat voel asof jy net lukraak woorde saamgevoeg het;
  3.  Ek dink die vers sal baat by sorgsame redigering, maar dit is keurig nietemin.
  1.  belofte

Die digter maak melding van n geskrewe belofte maar ek as leser is verward wat die belofte werklik is. Die gedig spring tussen gedagtes wat nie werklik met mekaar verband hou nie. Ek het hard probeer om hiervan sin te maak en daarvan te hou. Kontak my op inkmoderator@gmail.com

  1.  Kwantumsprong

Kom ek dissekteer hierdie vers van jou en loer wat ek daarin lees:

[Binne-in n onbekende doolhof wat nie aangeteken of beskryf is nie, en tóg bestaan uit teenstrydige nuutskeppinge, verander n elektron binne n atoom van een kwantumtoestand na n ander in jou denke, wat lei tot rympatrone wat nie herken word nie.]

Verstaan jy waarom n leser effe verward sal wees deur die vers te lees? Jy kan gerus met my gesels op inkmoderator@gmail.com

  1.  Kabaal

Die laaste strofe beskik oor funksionele punktuasie, en daarom is ek effe verbaas dat jy nie dieselfde doen vroeër in jou gedig nie. Ek hou hiervan maar jy kan gerus bietjie krap aan jou gedig.

  1.  Verlore beheer

Dit is ‘n treffende “rou” vers, maar die feit dat jou gedig aan punktuasie ontbreek snel die leestempo en dwing die leser om nie stil te staan en die werklike omvang van die vers te begryp nie.

Jy kan funksionele rusposes skep en jou lesers effe dwing om die begrip hierin beter ter harte te neem.

  1.  Waters van onrus

“wat-asse en sê-nou-maars” is so ‘n pragtige idee en dit lees so lekker. Ek hou van jou vers en verstaan hom, tog voel ek die tempo is gejaagd sonder punktuasie. Daar is klomp begrippe wat eenvoudig oo mekaar volg sonder die kans om te stop en te bedink waardeur die skrywer emosioneel gaan. Kyk of jy dit kan aanpas. Dit sal jou gedig werklik sterker maak.

  1.  Simfonie van hoop

Daar is ‘n treffende volta in jou vers maar ek dink dit skort punktuasie. Laat die leser toe om te rus en te ervaar wat die digter probeer sê.

  1.  Son jy het alles gesien

Ek hou van die idee agter die vers maar die konstruksie, woordorde en woordkeuses is effe slordig. Kontak my op inkmoderator@gmail.com

  1.  Ons asem bestaan

Punktuasie kan bydrae om jou gedig sterker te maak. Mooi idee.

  1.  In sagte fluistering

Ek dink die refrein in jou vers is baie treffend. Ek kon nie bepaal of jy n sekere versvorm wou skep nie, maar dit daar gelaat. Ek hou baie hiervan.

GOUD

  Skemer in Kartoem

Pragtige ritmiese vers. Selfs die herhalings hierin is funksioneel en lieflik.

  1.  Sirkelspore

Skerpsinnige sosiale kommentaar. Mooi gedoen.

  1.  Openbaring 6 v 6

Uitstekende vers. Die Bybel as bronteks laat my altyd met vrae oor die motivering van die skrywer omdat ek voel dit mag soms lui wees, maar jy het jouself nie skuldig gemaak daaraan nie. Die vers is vars en nie n kopie van die bronteks nie.

  1.  Versperrings

Mooi ritmies. Effe donker maar tog met n volta wat positief draai teen die einde.

  1.  Ouderdom

Die idee agter die vers is mooi. Ek het egter die slot as effe stomp ervaar.

  1.  Wagtend op die dood van ‘n ma

Dit is n treffende gedig wat die koudheid van die dood, hoe hartseer ookal, mooi verbeeld.

MENINGSTUKKE

  Maak of breek

Jy het jou mening baie goed verwoord. Netjiese skrywe.

  1.  Die pad vorentoe

Jou mening is duidelik en jy het die baie mooi aan die leser voorgelê.

RUBRIEKE

  Agter die lig

Jy plaas jou skrywe in die rubriek afdeling, maar noem jou skrywe n artikel. Artikels ondersoek sekere dinge en is nooit n persoonlike mening nie.

  1.  Kan ons nog vreesloos lewe? 

Mooi persoonlike gedagtes in jou rubriek.

  1.  Oerwoud waarheid

Mooi rubriek. Waak daarteen om nie té poëties te raak as jy aan n prosa werkstuk skryf nie.

  1.  Voorwaarts na die onbekende

Netjies, deurdenk en keurig aangebied.

  1.  Verkenning van n nuwe horison

Aangename rubriek. Ek het lekker hieraan gelees.

ARTIKELS

  Die misterie van n uitdyende kosmiese tydmasjien

Onthou jy skryf n artikel ek kan dan nie daarna as n rubriek verwys nie. Ek hou van jou artikel. Ek wil darem net noem dat tyd n belangrike element in die onbekende (en selfs bekende) is, daar natuurlik ook materie en spasie in hierdie groot vraagstuk betrokke is. Goeie bronnelys.

  1.  Om te verstaan

Onthou n artikel moet beskik oor bronne en geleerde aanhalings en kan nie bloot nét n opiniestuk wees nie.

  1.  Uiteindelik! Die geheim van n lang en gesonde lewe

Jou artikel is interessant en dit het my nuuskierig gelaat oor die boek wat jy as bron hierin gebruik. Netjies geskryf.

  1.  Soet lê die spore

‘n Artikel kan nie’ n opiniestuk wees nie.

  1.  Olive Schreiner

Dit is n uithaler artikel. Baie goeie en leersame inligting met goeie navorsing.

VERHALE

  n Slang in die paradys

Let op woordorde en woordkeuse. Spelling! Die storielyn is egter intetesssant.

  1. Skang in die paradys

Goeie karakter ontwikkeling en storielyn. Ek het lekker hieraan gelees.

  1. Wessel se werklikheid

Ek dink die storie kon effe meer ontwikkel gewees het. Die storie is kort en stomp.

  1. Die ou opstal se geheim

Interessante kortverhaal wat die waarheid in die laaste sin ontsluit.

  1.    Lewensreise

Goeie storie met goeie progressie en karakterontwikkeling.

  1.    Nuwe horisonne

Pragtige storie met baie goeie ontwikkeling.

  1.    Daardie sleutelgat

Jou storie begon soos n biografie maar verras die leser met progressie en ontwikkeling. Baie mooi gedoen. Ek het lekker hieraan gelees.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed