Jongste aktiwiteit:

Jy

My bed is leeg vannaand
leemte
Daar waar jy moet lê

Jou skekdel skets
Vervreemd
Onafgeruk op jou kussing

Heuwels van herringering
Misbaar
Oor die linne landskap heen

Reuk van jou
onverweef
in duursaam sagte vessel

Jou DNA
onvertoef
Geen haar
Geen jy

Ongekreukel jou gewete
en Ek afwesig in jou gedagte

Myne verwaai met sketse van jou
nog leeg is my bed
aand na aand – ek steeds sonder jou




4 Kommentare

  • Koekekranka

    Besonderse werkie!

  • Inkmoderator

    Chris, onderstaande 'n paar notas aangaande jou gedig: My bed is leeg vanaand [vanaand: een 'n'] met 'n leemte [invoeging van lidwoorde help met die vloei en ritme] daar waar jy moet lê [vermy hoofletters as daar nie 'n leesteken voorafgaan nie] Jou skedel skets [skedel] vervreemd [sonder hoofletter] onafgedruk op jou kussing [onafgedruk] Heuwels van herinnering [herinnering] misbaar [sonder hoofletter] oor die linne landskap heen [sonder hoofletter] Reuk van jou onverweef in duursaam sagte vesel [vesel een 's'] Jou DNA onvertoef een haar [nie hoofletter] geen jy [nie hoofletter] Ongekreukel jou gewete en ék afwesig in jou gedagte [gebruik aksent plaas van hoofletter] Myne verwaai met sketse van jou nog leeg is my bed aand na aand – ek steeds sonder jou. Ek in die hakies die veranderinge aangedui. Ek dink die vers het baie potensiaal en kan ontwikkel word tot 'n sterk bydrae. Let daarop dat hoofletters alleenlik aan die begin van sinne gebruik word indien dit deur 'n lessteken voorafgegaan word. Spelling is natuurlik die hoeksteen van taal. Spelfoute kan poësie (of enige skryfwerk) slordig en ongeredigeer laat lyk. Ek dink jou vers kan sterk ontwikkel word. Moenie bang wees om lidwoorde te gebruik om die atmosfeer te skep en die ritme aan te wakker nie. Lees jou verse hardop, dit help. Hoop die krit help. Groetnis IM

  • FUNNYFACE

    Hartseer,j kan die gemis aanvoel,baie mooi bewooord.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed