My labirint
Spartel my ontroeringe
soos ‘n fynbosverlange
wat deur my labirint
tot ‘n voltooide sirkel
waarin ek ongeveinste
liefde vind.
Verwonderheid wat
uit blomverdorde-kokon
tot skoenlapperskoonheid
bloei in lewegewende
nektar van die liefdeson.
Fladderende emosies
wat ewigdeur eb en vloed
in jou oë se vurige gloed
kom kolk soos lawavure
deur my bloed.
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-
Koekekranka
Ai,die minnedigter alweer soos net sy kan... Pragtig, emosiebelaai!
-
Marisa Labuschagne
Baie pragtig! Alweer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
soos altyd puik gedoen Anze