Jongste aktiwiteit:

Jy is hier

jou hande is berekend
en ek wonder oor die omvang van binnesag dye wat dit al verken het
elke versugting wat jy al bevredig het tydens middernagtelike swye
(die gordyne staan vol geasem met die aandwind)

ek absorbeer druppels olie uit jou hande
slurp gretig om ‘n sewe jaar droogte teen my tong te les
die gebrek in woordeskat hoorbaar tussen kepe van bevrediging
(deinings in my borste nou dunner as ‘n sabel lem)

jou aankoms is dekades gelede reeds teen die naghemel gelyn
met my al bibberend tussen naïwiteit en wellus
ewig soekend na die een borsholte waar my hoof kan rus

nou is jy hier
en daar was geen manier waarop ek my vir hierdie liefde kon voorberei nie
nou kraak die maan splinters in my lyf
en ek sukkel om oor jou te skryf

jou hande is berekend
en ek kreun toe nag aan stukke breek in ons bed.

© Almarie Truter




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed